Skip to content

Baobab at Klein Bolayi

kremetartklein bolayi_edited-1

Adansonia digitata, Baobab, Kremetart boom, Oil on panel, 300 x 210mm

Advertisements

Jakaranda Skaduwees

Jacaranda painting

Oil on canvas, 750 x 1500 mm

. Jacaranda Street at Dusk

jacaranda street at dusk_edited-1

297 x 420 mm,  Oil on Panel

Another Jacaranda Summer

Jacarandas explode into purple

in empty streets

at dusk.

They feel the heat like I feel it

and I wish I could cover myself in flowers

like they do

because they love this town

like I love you

Quietly,

and with flowers.

Tasanee Hermans

 

 

 

Wag-‘n-bietjie

wag 'n bietjie bosZiziphus mucronata, Buffelo Thorn, Wag-‘n-bietjie boom, Ink on Paper, 150 x 210 mm

Die Godsbesluit

 

Voor die onheilswoning en

tussen die skaars-beblaarde

soetdorings staan, in droë aarde

maar lowergroen en blink van blad,

die wag-’n-bietjie langs die pad.

 

Wanneer ek naderkom dan sien

ek dorings krom en reg;

‘k sien takke inmekaar gedraai

en deurmekaar gevleg.

En wil ek in die blare gryp

of aan die takke breek,

dan tas ek in ’n doringnes

wat vreeslik haak en steek.

*

Bo al u donker bome, o Heer,

groei my ’n enk’le reusboom uit

dit is die wag-’n-bietjie-bos

van u besluit.

Van ver so skoon, so groen, so blink…

maar hoe verward

wanneer ek dieper kyk en dink

as wat ’n sondaar pas.

En steek ek dan my hande uit

na u besluit,

dan gryp ek in die dorings vas.

 

Totius

Nyala tree

njala boom_edited-1

Xanthocercis zambesiaca, Nyala tree, Njala boom, Ink on Paper, 650 x 455mm

Boomstudies

 

1 eerste skets

 

uit die aarde kom die stam

word boom en

stoot sy takke op

op in die lug

hy teken skadu’s op sy eie lyf

en staan teen die hemel uitgeskryf

 

In die landskap ingelyf

 

Heilna du Plooy

Quiver tree

kokerboomswartwit

Aloidendron dichotomum, Quiver tree, Kokerboom, Ink on Paper, 460 x 310mm

Shepherd tree

kleinerwitgatswartwitBoscia albitrunca, Shepherd Tree, Witgat boom, Ink on Paper, 650 x 370mm

Baobab at Mapungubwe

boababswartwitmapungubwe

Adansonia digitata,Baobab, Kremetart boom, Ink on Paper, 650 x 455mm

Baobab at Klein Bolayi

kremetartswartwitdik_edited-1

Baobab, Kremetart boom, Ink on paper, 480 x 380mm

Thorn tree

doringbome

Ink on Paper, 650 x 370mm

Doringbome

 

Ware Acacias dra

trappe vlymskerp dorings.

Party reguit uitdagend,

‘n gemsbok se horings.

Ander hakerig na agter,

gereed en gekram,

‘n buffel se gaffels

vir die ondier se sprong:

 

elke nag sleep luiperds

vars karkasse hoog

in sulke takke op,

min gepla deur my vergelykings

en uitstulpings

aan bees of boom

of bok.

 

Hennie Nortje

 

Oorkonde aan Palmbome

DSC_0242Hyphaene coriacea, Lala Palm, Ink on Paper, 150 x 210 mm

 

Oorkonde aan palmbome

 Hooggeagte patriarge

na u sien ons op.

U immer wakend oor ons doen en late,

fier en regop dra u die jare

so waardig

in lang grys baarde,

maar met permissie:

u groen gedoende,

opstandige hare,

verklap dit nie

miskien so iets

van die palm se

midlife crisis nie?

 

Hennie Nortje

 

Hardekool silhoeët

DSC_0264

Cambretum imberbe, Leadwood, Hardekool, Ink on Paper, 150 x 210 mm

Hardekool-silhoeët

(Combretum imberbe)

Nog loodgrys

na daardie laaste skrik

vir mensgemaakte vuur

of skielik uit die bloute

die sekuur gemikte flits,

staan jy nou

gelouterde geraamte:

brandbestand teen

selfs die son

se laaste vlam.

Hennie Nortje

 

Herfsmopanieblaar

DSC_0245Colophospermum mopane, Mopane Tree, Mopanieboom, Ink on Paper, 150 x 210 mm

 

Herfsmopanieblaar

Die surrogaatmoeder vir die keiserlike mot

neem self haar hoogheid se gedaante aan

as hul saam- saam terugfladder na die stof.

 

Hennie Nortje

Blare vol siklone

DSC_0271_edited-1

Harpephylum Caffra, Wild Plum, Wildepruim, Ink on Paper, 150 x 210 mm

Wildepruim

(Harpephyllum caffra)

 

Jou blare in spirale,

‘n weerkaart vol siklone.

Jou bas ‘n grys kouefront

natblink en glad

asof die reën waarvoor ek bid

(sonder selfs ‘n wolk in sig)

reeds teen jou spat.

 

Hennie Nortje

 

Acacia communicata

DSC_0267

Ink on Paper, 150 x 210 mm

Wonderboom

(Acacia communicata)

 

‘n Reuse-boom het oornag

in ons voorstad opgekom.

Elke tak georden op sy plek,

‘n netwerk wat omvattend

na alle kante die eter dek,

staan hy reeds so hoog,

snags flikker rooi ligte

vir die boeings in sy kroon.

Sy bas ononderbroke glad

asof gereeld opgegradeer.

Diep gewortel in ons aarde

voed gewapende beton

heeljaar deur sy blare,

groen soos tienrandnote,

hard soos ‘n kredietkaart.

Ons boom van die lewe:

nooit snoei ons aan jou,

elkeen reeds gekontrakteer

of pay-as-you-go.

 

Hennie Nortje

Brak geduld

DSC_0001_edited-2

Adansonia digitata, Baobab, Kremetart boom, Oil on Canvas, 500 x 1000mm

Transkripsie

 

Maar wat wil hierdie breë boom

met sy geskende huid en plooi

van buikvel ons aan die verstand

tog bring?

 

Dat hy die ou legendes van die bos

al eeue lank in kraal-en aandlied

hier hoor sing?

 

Die grys boskaas wat so verward

sy wortelgreep herhaal – is dit

nie Afrika se alfabet?

 

Sy takskrif teen die winterlug

noteer: die duiwelboom, die kremetart

versamel duursaamheid en brak geduld

in hierdie klipperigste vrug.

 

Lucas Malan

Rainy day in the Kalahari

DSC_0282

Oil on Panel, 300 x 210mm

Genade

 

Dankie,Here Jesus,

vir die son wat elke dag skyn

om lig en hitte te gee.

 

Vir winde wat waai

en water opskep uit die see.

 

Vir die wolke

wat voortdryf in die hemelruim

met hul kosbare vrag

helder water op ‘n slee.

 

Dankie, Here Jesus,

dat U nooit ophou

om reën aan die Kalahari te gee,

al slaan dit dikwels jarelank oor

en is dit somtyds bietjie baie min.

 

 W.D. Kotsè 

Jakkalsbessie

DSC_0279

Diospyros mespiliformis, Jackalberry, Jakkalsbessie, Oil on Panel, 420 x 300 mm

Jakkalsbessie

(Diospyros mespiliformis)

 

Selwers uitgeslape:

laat val in jou koelte

ietsie nie te versmaai;

vos vreet, mis, bemes

en jy groei tamaai.

 

Hennie Nortje

Kameeldoringbome by Nossob

DSC_0182

Vachellia erioloba, Camel Thorn, Kameeldoring, Oil on Panel, 170 x 400 mm

 

Last Sunlight

kokerboom klein_edited-1

Aloidendron dichotomum, Quiver tree, Kokerboom, Oil on canvas, 750 x 650mm

 

Ek stroop die lae

van sy stam, die

hartpatrone op sy bas;

blaai dit tot ’n ope boek

van al die woorde

wat ek vir jou soek.

Maar ek blaai my vas

in vesels van die tyd –

die twyfel

of jy in hierdie dorre land

’n koker vir

my hart sal bly.

 

Dolf van Niekerk

Koorsbome

DSC_0277

Acacia xanthoploea, Fever tree, koorsboom

Koorsboom

(Acacia xanthoploea)

 

Eens was jy

Acacia van die laagtes

waar trekkers tot die dood toe

die gevreesde koors kon kry.

 

Nou staan jy

as sierboom van die voorstad

en pendel ons morsdoodmoeg

in koorsagtigheid verby.

 

Hennie Nortje

Shepherd tree at Mapungubwe

witgatboommapungubwekleiner

Boscia albitrunca, Shepherd Tree, Witgat boom, Oil on canvas, 700 x 1150mm

O Witgatboom, jou wit fantoom

vir ewig daar, die epitoom

van durf en daad en desperaat

vir koffie tee en boereraat

Jou wortels kronkel, kreun en beur

deur kalk en klip en sand en skeer

O Witgatboom, jy staan alleen

In wind en weer en sonder reen

Daar’s koelte in jou skaduwee

vir ska’wagter en wild en vee

 

Bertie Coetzee

Net-net Genoeg

DSC_0036

Ficus cordata, Namaqua rock-fig, Namakwavy, Oil on canvas, 500 x 1000mm

Die vyeboom en die rivier

 

Die rotsvy staan trots op sy plek

Stuur met pyn en verdriet sy wortels na benede

Vind geduldig water, bot en dra vrugte

Smagtend na die oopgebreekte rots van Ewige Lewe

Die rivier kronkel, kronkel sy eensame gang

Met storm, reën, vloed, mag en geweld

Stuur hy ‘n nuwe koers deur veld en boom en sand

Verby die vyeboom, geanker aan ‘n ruwe rots

 

Die rivier en die rotsvy gaan die onbekende in

Soekend na die Siel van die Lewe

Hunkerend na die Taal van die Liefde

Peinsend oor wat Bepaal is vir die Toekoms

Net-net genoeg

 

Net-net genoeg om mee voort te gaan

Net-net genoeg om nie dood te gaan

Net-net genoeg om mee asem te haal

Maar glad nie genoeg om mee geluk te behaal

 

Die stadige wurggreep elke dag

En ten spyte daarvan maak of jy lag

Sonskyn en donker kom en gaan

Elkeen steier voort in sy gekose baan

Net-net genoeg om nie voort te kan gaan

Net-net genoeg om van dood te gaan

Nie net genoeg om net asem te haal

Dan net genoeg om die prys te betaal

 

Daarna weer vry om asem te kan haal

Dan eers genoeg om geluk te gaan haal

 

Hennie van Zyl

On the banks of the Luvuvhu

DSC_0207

Ficus sycomorus, Sycamore Fig, Trosvy, Oil on canvas, 700 x 1000mm

Bome

Orkane laat ons in flardes

maar ons bly staan,

 

oorstromings spoel aan ons

wortels los

aardbewings ruk aan ons

ons praat voort

met die vrees – vir meer

maar

uiteindelik uit die gebakte saad

bars ons groen daeraad.

 

D.J. Opperman

Uit Sonklong oor Afrika

 – verse – in – wording

 

Droomboom

DSC_0202

Droomboom

 

ek het ’n boom waaroor ek droom:

die stam groei regop uit die aardkors

en staan daar soos ’n paal bo water –

vreemd in ons droë waterarm land

dan vertak die stam in velerlei dun dun latjies

en sprei ’n blarekroon na die hemel

om ten minste manna uit die lug te haal

my boom se takke vorm ’n kom en gaan

vir voëls van enerse én anderster vere

my boom huisves ’n enorme versamel voëlnes;

sy word in-der-daad ’n verenigde front vir vrede

 

Engemi Ferreira

 

Hardekool

 

hardekool_edited-1

Cambretum imberbe, Leadwood, Hardekool, Oil on Canvas, 550 x 800mm

Koraalboom

koraalboom_edited-1

Erythrina lysistemon, Coral tree, Koraalboom,  Oil on canvas, 550 x 800mm

Koraalboom

Hier nasaan staan ‘n koraalboom.  Sy rooi

Spog oor die werf in geil skarlaken prag;

Hy troon as bobaas met sy kleur en nooi

Die morebye en die mot by nag;

‘n Parlement van singende goggatjies,

Gelok hier en deur sy skaars bespeurde ruik.

Woel oor sy blaarloos blomme en verkies

Sy rykdom bo die goud van bloeiende doringstruike

 

C. Louis Leipoldt

*naam van die boom aangepas aan hedendaagse norme

Allerboomste Boom

DSC_0180

Adansonia digitata, Baobab, Kremetart boom, Oil on canvas, 1000 x 1500mm

Kremetartboom

die kemetartboom is ’n boom

hy laat nie sommer mense in hom klim nie

hy laat jou in hom óp kyk hy laat jou om hom loop

die olifante het hom bygekom sy bas gestroop

dit laat hom ongeroer

die kremetartboom is ’n boom

die ape mag maar in hom klouter

baljaar en hom beskyt dit laat hom ongeroer

hy laat die slang en vlermuis in hom boer

die leeus mag aan sy basis pis

hy bly maar wat hy is

die kremetartboom is ’n boom

diep in sy ou-ou sagte bruin ou bas

het harteloses hulle éie harte uitgesny

dit laat hom ongeroer sy holtes is deur bye

vol van hulle blommesoet gemaak

die spinnekoppe span hul sterrerak en radar daar

die kremetartboom is ’n allerboomste boom

hy is meer kaal meer stam as tak en blaar min vrug

meer aarde toe terug en ín as in die lug

mens sien hom as hy oud is raker raak

vol rimpels sag vol vog en sap

geen ander boom lyk naasteby

so enig bomelik soos hy

alleen die Groot Voet kan hom trap

sy swaar liggaam totaal toemaak

die kremetartboom is my boom

 

T.T. Cloete

Baobab Hill

baobabhill

Adansonia digitata, Baobab, Kremetart boom, Oil on Canvas, 380 x 760mm

 

‘k Sien die berge dynsig blou –

Blou-pers rotsewande;

‘k Sien die kremetartboom hou –

Hou nog steeds die hande

Seën-uitsprekend oor die woud

As die dag in louter goud

Breek oor bosse en rande.

 

Fragment uit: Die lokstem van die Bosveld – Aan my vriend Pierneef

A.G. Visser

 

Quiver trees at Augrabies

kokerboomgroot_edited-1

Aloidendron dichotomum, Quiver tree, Kokerboom, Oil on canvas, 700 x 1400mm

ek kyk na jou rotse

so kokerboom mooi

wat rustend verlate

Namakwa wil tooi

 

Fragment uit  gedig deur Henry Badenhorst

 

Radio onderhoud oor my uitstalling: “en al die bome van die veld sal in die hande klap”

DSC_0255

Kliek op die skakel hieronder om na die onderhoud te luister.

https://chirb.it/wp/Lm2g44

Check this out on Chirbit

Reus in die Aandson

2

Adansonia digitata , Baobab, Kremetart boom, Oil on canvas, 1000 x 1000mm

Die kremetart-boom

 

Die reus van die vlakte-bome,

 Is hy as die aandson vlam,

 Met sy wydgestrekte takke

 En sy snaakse, sagte stam.

 Die leeu kom vir skuilte

 Onder sy skadu staan,

 As die sagte sand met silwer

 Bevlek word deur die maan;

Die glinster-spreeus grinnik

 Bo waar sy blare hang,

En die sysie vry sy vrugte

 Met ‘n oer-oud voëlgesang.

 Hy staan al honderde jare,

 Amper so oud soos die veld,

 Trots op sy baie triomfe

 Oor die noodlot van geweld.

 Vóór die Voortrekkers hier was,

 Het hy al hier gestaan,

 En die wind van die piramides

 Het teen sy stam geslaan;

 Die wind, wat uit Egipte,

 Die palmblom geure bring,

 Het in die Soutpansberge

 Teen hom ‘n lied gesing,

 ‘n Lied van oer-oud dae

 Toe Farao nog was,

 En vir die tyd gekerwe

 n Teken in sy bas

C  Louis Leipoldt

 

Opening of exhibition at the Brooklyn Theater

Image

Citizen, August 25 2017

DSC_0288

Image

Rekord, 24 Augustus 2017

DSC_0285

Image

Beeld, 23 Augustus

DSC_0282

Melkhouttak

melkhout_edited-1

Melkhouttak, 2017

Sideroxylon inerme

Milkwood, Melkhout

Oil on canvas, 700 x 1000mm

Melkhouttak                                                                                                                            

Neem ‘n bietjie tyd

om te kyk hoe die melkhouttak krom

tot teenaan die grond in die laatmiddag son

 

hoe die skadu die skewe sirkel

na die duskant voltooi

net sommer om te fokus

op die blaarpatroon wat die wind

teen die blou lug

soos kleurglas van ‘n kaleidoskoop gooi –

dán donkergroen,

dán weer blouer skerfies saamgeplooi.

 

Máák tog die tyd om te kyk

hoe die melkhouttak krom.

 

Trienke Laurie

 

Poetry about our indigenous trees

For my solo exhibition I looked for poems to go with my paintings of South – African trees.  Especially in Afrikaans poetry are a lot to be find.  Poems are used as metaphor for many aspects of life.  I like to pair them with my paintings, creating a dialogue between text and image.

sheperd tree

Witgatboom

 

Dié witgat met geknotte spiere

verman hom teen die bergwoestyn.

maar mettertyd – sy wal kalf in –

sal hy, oudstryder, ook verdwyn.

 

Fragment uit  Vier bome , Hennie Aucamp

Image

Uitnodiging vir my uitstalling in Augustus/September

verbeterde uitnodiging in Afrikaansfinaal Afrikaans_edited-3

Invite to my art exhibition in August/September

elektroniese uitnooikaartjie engels_edited-1

Jacaranda street with little dog

  • jakaranda's met hondjie_edited-2

700 x 1150mm

Oil on Canvas

2016

 

 

In die skadu van soveel bome

detail.lrmx-2272-g570.1.front.079580038X

As I wrote earlier I am busy preparing for a solo exhibition in August/ September.  I paint a variety of trees. I don’t want to show much of it now, but I am enjoying myself a lot.  One day I heard some wonderful poems from Hennie Nortje read on the radio.  I immediately fell in love with it, but couldn’t get the anthology “In die skadu van soveel bome” anywhere for sale anymore.  Hennie was so friendly to send me one.  I will share one poem, although it is in Afrikaans.  It is about the Wild Plum tree.  The pattern in which its leaves are grows looks like a cyclone and gets a symbol of hope  about the rain that will come.  It is such a beautiful image, especially when thinking back to the drought we had here last year and is still continuing in the Western Cape.  I hope I will find a way of using this poem in my work.

Wildepruim

(Harpephyllum caffra)

 

Jou blare in spirale,

‘n weerkaart vol siklone.

Jou bas ‘n grys kouefront

natblink en glad

asof die reën waarvoor ek bid

(sonder selfs ‘n wolk in sig)

reeds teen jou spat.

harpephyllum-caffrum-9bb6a

Street in Graaff Reinet

dsc_0020

A3

Oil on Panel

2017

We visited Graaff Reinet , one of the lands oldest towns.  It is a beautiful town, full of old buildings.  It inspired me to make this painting.

20170112_124502_resized_1

I love to see what happens with my painting after I sold it.  This client sent me a photo of my Namaqualand Daisies painting.  I think it looks very nice the way they hang it.

 

 

Fruitsellers

john blok_2_edited-1

720 x 360mm

Oil on Canvas

2017

This painting of some fruit sellers I made for a client in America.  They commissioned it as a wedding present for their son, who has good memories from his travels in Africa.  I took the canvas from the stretcher and rolled it up and put it in a tube.  I use a courier service to get it to the country of the client.  I did it in the past few years a several times, sending work to America, Holland and China and it worked quite well.

DSC_0199

 

River at Tsitsikamma

dsc_0019

800 x 400 mm

Oil on Canvas

2016

Forest near Ommen

bos-finaal

700 x 1000 mm

Oil on Canvas

2016

Namaqualand Daisies

dsc_0033

550 x 800 mm

Oil on Canvas

2016

Kaapse draai Kunstefees 2016

This week I shall take part in a small art festival here in Waverley where we live.  There will be art, music,a market and much more.   For more information go to http://www.kaapsedraaikunsfees.co.za/

Logo-met-linte

Bolayi Baobab Splendour

DSC_0024

Oil on Panel

420 x 297 mm

2016

Sammy Mark House

DSC_0008

Oil on Panel

A4

2016

 

DSC_0548