Skip to content

Reus in die Aandson

August 28, 2017

2

Adansonia digitata , Baobab, Kremetart boom, Oil on canvas, 1000 x 1000mm

Die kremetart-boom

 

Die reus van die vlakte-bome,

 Is hy as die aandson vlam,

 Met sy wydgestrekte takke

 En sy snaakse, sagte stam.

 Die leeu kom vir skuilte

 Onder sy skadu staan,

 As die sagte sand met silwer

 Bevlek word deur die maan;

Die glinster-spreeus grinnik

 Bo waar sy blare hang,

En die sysie vry sy vrugte

 Met ‘n oer-oud voëlgesang.

 Hy staan al honderde jare,

 Amper so oud soos die veld,

 Trots op sy baie triomfe

 Oor die noodlot van geweld.

 Vóór die Voortrekkers hier was,

 Het hy al hier gestaan,

 En die wind van die piramides

 Het teen sy stam geslaan;

 Die wind, wat uit Egipte,

 Die palmblom geure bring,

 Het in die Soutpansberge

 Teen hom ‘n lied gesing,

 ‘n Lied van oer-oud dae

 Toe Farao nog was,

 En vir die tyd gekerwe

 n Teken in sy bas

C  Louis Leipoldt

 

Advertisements

From → trees

Leave a Comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s

%d bloggers like this: