Skip to content

Net-net Genoeg

September 22, 2017

DSC_0036

Ficus cordata, Namaqua rock-fig, Namakwavy, Oil on canvas, 500 x 1000mm

Die vyeboom en die rivier

 

Die rotsvy staan trots op sy plek

Stuur met pyn en verdriet sy wortels na benede

Vind geduldig water, bot en dra vrugte

Smagtend na die oopgebreekte rots van Ewige Lewe

Die rivier kronkel, kronkel sy eensame gang

Met storm, reën, vloed, mag en geweld

Stuur hy ‘n nuwe koers deur veld en boom en sand

Verby die vyeboom, geanker aan ‘n ruwe rots

 

Die rivier en die rotsvy gaan die onbekende in

Soekend na die Siel van die Lewe

Hunkerend na die Taal van die Liefde

Peinsend oor wat Bepaal is vir die Toekoms

Net-net genoeg

 

Net-net genoeg om mee voort te gaan

Net-net genoeg om nie dood te gaan

Net-net genoeg om mee asem te haal

Maar glad nie genoeg om mee geluk te behaal

 

Die stadige wurggreep elke dag

En ten spyte daarvan maak of jy lag

Sonskyn en donker kom en gaan

Elkeen steier voort in sy gekose baan

Net-net genoeg om nie voort te kan gaan

Net-net genoeg om van dood te gaan

Nie net genoeg om net asem te haal

Dan net genoeg om die prys te betaal

 

Daarna weer vry om asem te kan haal

Dan eers genoeg om geluk te gaan haal

 

Hennie van Zyl

Advertisements

From → trees

Leave a Comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s

%d bloggers like this: