Skip to content

Acacia communicata

October 3, 2017

DSC_0267

Ink on Paper, 150 x 210 mm

Wonderboom

(Acacia communicata)

 

‘n Reuse-boom het oornag

in ons voorstad opgekom.

Elke tak georden op sy plek,

‘n netwerk wat omvattend

na alle kante die eter dek,

staan hy reeds so hoog,

snags flikker rooi ligte

vir die boeings in sy kroon.

Sy bas ononderbroke glad

asof gereeld opgegradeer.

Diep gewortel in ons aarde

voed gewapende beton

heeljaar deur sy blare,

groen soos tienrandnote,

hard soos ‘n kredietkaart.

Ons boom van die lewe:

nooit snoei ons aan jou,

elkeen reeds gekontrakteer

of pay-as-you-go.

 

Hennie Nortje

Advertisements

From → trees

Leave a Comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: