Droomboom

trees

Droomboom

ek het ’n boom waaroor ek droom:

die stam groei regop uit die aardkors

en staan daar soos ’n paal bo water –

vreemd in ons droë waterarm land

dan vertak die stam in velerlei dun dun latjies

en sprei ’n blarekroon na die hemel

om ten minste manna uit die lug te haal

my boom se takke vorm ’n kom en gaan

vir voëls van enerse én anderster vere

my boom huisves ’n enorme versamel voëlnes;

sy word in-der-daad ’n verenigde front vir vrede

Engemi Ferreira

Hardekool

hardekool_edited-1

Cambretum imberbe, Leadwood, Hardekool, Oil on Canvas, 550 x 800mm

Leave a comment